Die Internasionale Statistiese Klassifikasie van Siektes en Verwante Gesondheidsprobleme, gewoonlik afgekort as die Internasionale Klassifikasie van Siektes, is die internasionale "standaard-diagnosehandleiding vir epidemiologie, gesondheidsbestuur en kliniese doeleindes".[1] Die Engelse naam is International Statistical Classification of Diseases and Related Health Problems, of kortweg International Classification of Diseases (ICD).
Die ICD word bygewerk deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), die gesondheidsowerheid in die Verenigde Nasies-stelsel.[2] Dit is ontwerp as ’n klassifikasiestelsel vir gesondheidsorg. Dit sorteer gesondheidstoestande saam in generiese kategorieë saam met spesifieke variasies en ken aan elk ’n kode toe van tot ses karakters. Groot kategorieë sluit dus ’n stel ooreenstemmende siektes in.
Die drie jongste uitgawes van die ICD is: